SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SIBANDA, Omphemetse S. WHO Appelliggaam Beslissing in United States - Certain country of origin labeling requirements: Erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, of is dit noodsaaklik ten einde 'n balans te bewerkstellig tussen handelsregulering en verbruikersbelang?. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.1, pp.136-148. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/V48N1A8.

Hierdie bydra oorweeg die bevinding van die Appelliggaam van die Wêreldhandelsorganisaise (World Trade Organization) in die geval van United States - Certain Country of Origin Labeling (COOL) requirements (US -COOL). Die kern oorweging is of die bevinding in die voormelde beslissing, neerkom op 'n erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, en of dit 'n noodsaaklike euwel is in 'n poging om 'n balans tussen handelsregulering en verbruikersbelange daar te stel. Die bevinding dien as bewys van die kompleksiteit van die interpretasie en toepassing van die Wêreldhandels-organisasie se ooreenkomste. Sommige van die interpretasies het die potensiaal om 'n positiewe of 'n negatiewe impak op verbruikersregte te hê. Die betrokke bevinding van die Wêreldhandelsorganisasie sit gedeeltelik die beskouing voort dat hierdie organisasie nie verbruikers-belange vooropstel nie. In 'n poging om 'n balans tussen die kompeterende benadering in handel aan die een kant, en verbruikers-belange aan die ander kant te handhaaf, het die betrokke bevinding die onvermydelike impak dat dit die vermoë van die staat om verbruikers te beskerm, verswak het.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License