SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

MUPANGAVANHU, Yeukai. Billikheid is 'n glibberige konsep: Die gemeenregtelike kontraktereg en die wet op verbruikersbeskerming 68 van 2008. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.1, pp.116-135. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/V48N1A7.

Die kontraktereg is in die verlede gekritiseer, onder andere vir die volgende redes: eerstens, vir die klassieke libertynse grondslag daarvan; tweedens, omdat dit nie grondwetlike waardes ten volle omsluit het nie; en, laastens, omdat dit daarvan weggeskram het om aan regverdigheid en billikheid uiting te gee in die aanwending van tersaaklike regsreëls. Die kwessie of howe na behore 'n balans tref tussen kontrakteervryheid en pacta sunt servanda enersyds, en billikheidsoorwegings andersyds bly een van die probleme wat die moderne kontraktereg in die gesig staar. Heelwat gewysdes dui daarop dat howe voorkeur verleen aan pacta sunt servanda bo billikheidsoorwegings aangesien die howe daarna streef om reg- en handelsekerheid te verseker deur die handhawing van kontrakte wat vrylik deur die partye daartoe gesluit is, al is dié kontrakte somtyds onbillik. Die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (WOV) het ten doel om, onder andere, die sosiale en ekonomiese belange van Suid-Afrikaanse verbruikers te bevorder, billike besigheidspraktyke aan te moedig, en verbruikers teen gewetenlose, onregverdige en onbehoorlike besigheids-praktyke te beskerm. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of die regspaternalisme onderliggend tot die uitvaardiging van die WOV wel daarin slaag om van die kritiek aan te spreek wat in die verlede teen die gemeenregtelike kontraktereg geopper is, by uitstek ten opsigte van die billikheidskwessie.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons