SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

KELLY-LOUW, Michelle. Die 2014 kreditinligting amnestie regulasies: Wat behels hulle regtig?. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.1, pp.92-115. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/V48N1A6.

Op 1 April 2014 het regulasies ingetree wat behels dat sekere nadelige verbruikerskredietinligting en inligting aangaande volopbetaalde siviele vonnisse van alle kredietrekords van verbruikers wat gehou word deur alle geregistreerde kredietburos verwyder moet word. Die regulasies maak voorsiening vir 'n proses ten aansien van die eenmalige verwydering van sodanige inligting sowel as om inligting aangaande volopbetaalde vonnisse op 'n voortdurende basis te verwyder. Die Nasionale Krediet Wysingswet 19 van 2014 maak ook voorsiening vir die deurentydse verwydering van sodanige inligting. Alhoewel die regulasies redelik eenvoudig is, is daar tog 'n paar fasette wat onduidelikheid veroorsaak. Grotendeels het dit te make met die korrekte interpretasie van sekere woorde en uitdrukkings wat in party subregulasies gebruik word. Dit is byvoorbeeld onduidelik of die regulasies ook van toepassing kan wees op sekere regspersone. Daar is ook nie sekerheid oor welke inligting steeds in verbruikers se betalingsprofiel mag verskyn en hoe sodanige regulasies die betalingsprofiele beïnvloed nie. Die regulasies bepaal duidelik dat die inligting wat verwyder is van die kredietrekords van verbruikers ingevolge die regulasies nie deur kredietgewers gebruik mag word tydens die assessering of 'n verbruiker kwalifiseer vir enige krediet nie. Wat die regulasie egter nie bepaal nie is of sodanige kredietgewer sodanige inligting mag gebruik waar hy dit bekom het deur nie na 'n kredietburoverslag te kyk nie, maar deur sy eie interne rekords na te gaan, byvoorbeeld in die geval waar hy met 'n bestaande kliënt te doen het nie. Hierdie aspekte, sowel as 'n paar ander, word in diepte in hierdie artikel bestudeer. Die impak wat die regulasies op die verbruikerskrediet mark tot dusver gehad het, sowel as 'n paar voordele en nadele van die regulasies word ook kortweg bespreek.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons