SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

VAN DER VYVER, Johan D. Militêre ingrype in Sirië: Die Amerikaanse, Britse en Franse Alternatiewe en die Russiese Opsie. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.1, pp.36-54. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/V48N1A3.

Die gebruik van chemiese wapens deur die Siriese owerheid teen rebellegroepe in die land het dwarsoor die wêreld opslae gemaak. Die Amerikaanse, Britse en Franse owerhede het gedreig met gewapende ingrype teen ongedefinieërde teikens in Sirië, maar het regverdiging vir sodanige ingrype op verskillende gronde gebaseer. Die Britse Eerste Minister David Cameron het gewapende ingrype op grond van humanitêre intervensie probeer regverdig, President Barack Obama van die Verenigde State sou dit op grond van oorwegings van selfverdediging en die verdediging van Amerikaanse bondgenote in die Midde Ooste regverdig, terwyl die Franse Eerste Minister Jean-Marc Ayrault gewag gemaak het van die noodsaak om Sirië te straf vir sy vergrype teen die verbod van internasionele gewoontereg op die gebruik van chemiese wapens. In hierdie artikel word aangevoer dat hoewel oorlogsmaatreëls in heden-daagse humanitêre reg nie tot die gronde beperk is wat in artikels 42 en 51 van die Handves van die Verenigde Nasies vermeld word nie, die gronde ter regverdiging van gewapende ingrype in Sirië wat deur die staatshoofde van die Verenigde State, Britanje en Frankryk aangevoer is, nie regtens geoorloof is nie. Humanitêre intervensie is tradisioneel gemik op die omverwerping van 'n regering wat sy eie burgers se regte ondermyn, maar al drie lande het dit duidelik gestel dat hulle nie daarop ingestel is om die Siriese regering tot 'n val te bring nie; voorkomende selfverdediging is alleen geregverdig as 'n militêre aanval onmiddellik dreigend is, en nòg die Verenigde State nòg enige van sy bondgenote is met 'n militêre inval bedreig; en strafmaatreëls teen 'n staatsowerheid is 'n uitsluitlike prerogatief van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies. Die Russiese Federasie het gevolglik die weg gebaan, naamlik om die aangeleentheid na die Veiligheidsraad te verwys. Dit het daarop uitgeloop dat Sirië verbied is om chemiese wapens te ontwikkel, te verkry of op te berg, en dat Sirië die 1993 Konvensie aangaande die Verbod op die Ontwikkeling, Vervaardiging en Opberging en Gebruik van Chemise Wapens en die Vernietiging van Sodanige Wapens op 14 September 2013 geratifiseer het.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License