SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

DU PLESSIS, M A (Riëtte)  e  SWANEPOEL, Neels. Refleksiejoernale as 'n Assesseringsmetode in Kliniese Regsopleiding. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.2, pp.283-297. ISSN 2225-7160.

Almal is dit eens dat die kliniese regsopleidingskursus nougeset geassesseer moet word indien dit kredietdraend is vir die verwerwing van die LLB-graad. Alhoewel verskeie vorme van assessering met welslae in kliniese regsopleiding toegepas kan word, konsentreer hierdie artikel bepaald op die gebruik van oordenkingsjoernale as assesseringsmetode. As agtergrond word daar eerstens in die breë tussen formatiewe en summatiewe assessering onderskei, waarna die riglyne vir assessering en puntetoekenning sowel as studente se ondervindings in dié verband bespreek en geëvalueer word. Oordenkingsjoernale word algemeen in buitelandse jurisdiksies as assesseringsmetode gebruik, maar die aanwending daarvan in Suid-Afrika is tot dusver nog beperk. Nadat regstudente aan die regskliniek van die Universiteit van die Witwaters-rand, Johannesburg, aan die einde van die akademiese jare 2009, 2010 en 2011 met behulp van vraelyste gevra is om hulle mening oor die moontlike ingebruikneming van sulke joernale te lug, is 'n proefprojek met oordenkingsjoernale dan ook in 2012 by dié instelling onderneem. Die terugvoering van die studente wat aan die proef deelgeneem het, word dus hier bespreek, en die beweegrede en metodes vir die gebruik van oordenkingsjoernale word voorts aangedui. Verdere kwessies wat aanboord kom, is terugvoering aan studente oor hul joernaalinskrywings, sowel as die vraag of hierdie inskrywings inderdaad geassesseer behoort te word. As 'n praktiese, waardebelaaide element, wat ook as grondslag vir verdere ondersoek en ontwikkelingswerk kan dien, doen die navorsers boonop 'n konsepstruktuur vir 'n instruktiewe refleksiejoernaal aan die hand. Die outeurs kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat hierdie vorm van assessering gepas sou wees vir gebruik in Suid-Afrikaanse kliniese regsopleidingsprogramme, veral ook gedagtig aan die unieke omgewings waarbinne ons regsklinieke funksioneer.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons