SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2The suitability and unsuitability of ubuntu in constitutional law - inter-communal relations versus public office-bearingReflective journals as an assessment method in clinical legal education author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

De Jure

On-line version ISSN 1466-3597

Abstract

BADENHORST, Pieter. 'n Verhaaltjie Omtrent Twee Onteienings: Newcrestia en Agrizania. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.2, pp. 258-282. ISSN 1466-3597.

'n Regsvergelyking word getref tussen die destydse belangwekkende uitspraak van High Court van Australië in Newcrest Mining (WA) Ltd v The Commonwealth en die onlangse Agri SA reeks van sake teen die Departement van Minerale in Suid-Afrika. Beide die geskille het gehandel oor die vraag of die mineraalregte/mynregte deur wetgewing, wat die bedryf van mynbou of vervreemding van regte op een of ander wyse verbied het, onteien word. Die artikel fokus op die betekenis wat aan die begrippe "ontneming" en "verkryging", as synde elemente van ont-eiening, toegedig word. Ondanks soortgelyke feitestelle en regsbeginsels rondom onteiening word verskillende resultate in die beslissings bereik. Daar word gepoog om die verskillende resultate te verklaar. By afloop van 'n regsvergelykende analise word tot 'n slotsom geraak omtrent die juistheid en wysheid van die onderskeie beslissings.

        · text in English     · English ( pdf )