SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

MALAN, Koos. Die Toepaslikheid en Ontoepaslikheid van Ubuntu in die Staatsreg - Inter-gemeenskapsbetrekkinge Teenoor Openbare Ampsbekkleding. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.2, pp.231-257. ISSN 2225-7160.

In hierdie artikel word aangevoer dat ubuntu in bepaalde kontekste in die staatsreg van besondere waarde kan wees, maar dat die toepaslikheid daarvan op ander gebiede onder verdenking is. Wat die toepaslikheid daarvan betref, word geredeneer dat daar 'n korpus van reg, genaamd die reg van inter-gemeenskapsbetrekkinge aan die ontwikkel is. Die grondslag hiervan is in die wesensaard van die staat self. Op die keper beskou is die staat die beliggaming van, en waarborg vir die openbare vrede (of behoort dit ten minste so te wees). Die openbare vrede is op sy beurt afhanklik van die instandhouding van gesonde betrekkinge tussen gemeenskappe, by gebreke waarvan die veiligheid van die gemeenskappe in die gedrang kom en die stabiliteit, en trouens die voortbestaan van die staat self, in die gedrang kom. In die bespreking word met verwysing na die beskouing in Suid-Afrikaanse regspraak oor ubuntu aangevoer dat ubuntu saam met die verbod op haatspraak en dergelike verbiedinge wat die openbare vrede kan ontwrig, sowel as die internasionale reg rakende volksmoord en verwante internasionale misdade, die ontluikende reg van inter-gemeenskapsbetrekkinge, beliggaam. Daarenteen kan ubuntu egter treffend ontoepaslik wees naamlik op die gebied van openbare ampsbekleding. Die kernvraag by openbare ampsbekleding is of die ampsbekleër vir die openbare amp waarin sy/haar aangestel is, geskik is en die pligte wat met die amp vereenselwig word, soos dit in die toepaslike reg beskryf word, getrou (kan) uitvoer. Openbare ampsbekleding hang juis nie primêr van die persoonlike verhoudings van die ampsbekleër met die publiek of met die hoofde of ondersgeskiktes van die ampsbekleër af nie. Inteendeel, warm verhoudings kan juis verkeerdelik voortspruit uit oorwegings wat allermins met die betrokke amp vereenselwigbaar is. Dit kan voorkom omdat die kunsmatige identiteit van openbare ampsbekleding met vermeende ubuntu-geïnspireerde knusse betrekkinge wat niks met die nakoming van openbare ampspligte te doen het nie, verwar word. Om hierdie rede is die aanwending van ubuntu-geïnspireerde goeie verhoudings in die konteks van openbare ampsbekding bevraagtekenbaar.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License