SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BLOKLAND, Linda Marie Eskell. Geestesgesondheidsorg in Mamelodi: Benadeelde Geografiese Posisionering in 'n Suid-Afrikaanse Township. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.2, pp.175-188. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel fokus op die huidige geestelike gesondheidsorglandskap in Suid-Afrika binne die konteks van die Suid-Afrikaanse Grondwet, sowel as die Wet op Geestesgesondheidsorg en die Millennium Ontwikkelings-doelwitte vir Afrika. Teen hierdie agtergrond bespreek dit die werk wat gedoen word by die Itsoseng Gemeenskapskliniek in Mamelodi, 'n siel-kunde dienspunt. Alternatiewe benaderings tot werk gedoen met kwesbare kinders word in die besonder aangebied en oor gereflekteer in terme van om moontlikhede uit te wys om die tekort aan hulpbronne aan te spreek vir voldoende en effektiewe geestesgesondheidsorg in die huidige Suid-Afrikaanse gesondheidsorg konteks. Die kliniek neem 'n sistemiese benadering tot dienslewering aan wat dikwels versorgers sowel as kinders in behandelingsplanne insluit. Met verloop van tyd het die kliniekpersoneel bevind dat verskeie groepwerkmetodes, wat nie-verbale behandelings betrek, effektief is. Die doeltreffendheid van hierdie behandelingsmetodes word tans ondersoek deur 'n deurlopende waglys-studie uit kommer oor die baie kinders wat op die waglys sit vir tot 8 maande.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License