SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Direct marketing and spam via electronic communications: An analysis of the regulatory framework in South AfricaThe regime of forfeiture of patrimonial benefits in South Africa and a critical analysis of the concept of unduly benefited author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

De Jure

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SWANEPOEL, CF (Neels). Die geregtelike toepassing van die vereiste van "belang" met betrekking tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike sake: "'n radikale en doelbewuste afwyking van die gemenereg". De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.1, pp.63-84. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel ondersoek die geregtelike toepassing van die vereistes vir verskyningsbevoegdheid (locus standi) in grondwetlike aangeleenthede sedert die aanvang van die grondwetlike era in Suid-Afrika. In die lig van die parlement se betreurenswaardige versuim om die aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie met betrekking tot klas- en openbare aksies te implementeer, moes die land se howe stapsgewys hul eie sekerheid rakende die vereistes en vertolking van verskyningsbevoegdheid skep. In die vorige Westminster-staatsmodel is verskyningsbevoegdheid beperk tot litigante wat 'n direkte, beduidende belang by die saak en by die gewenste regsverligting kon toon. Hierdie streng benadering tot verskyningsbevoegdheid was gegrond op vrese dat 'n liberaler aanslag die sluise van litigasie sou ooptrek, wat op sy beurt openbare administrasie sou bemoeilik. Die aanvaarding van die Grondwet van 1996, en artikel 38 in die besonder, het egter 'n era van groot verandering in die bepalings oor verskyningsbevoegdheid ingelui. Dít blyk duidelik uit presedentereg sedertdien. Aan die hand van 'n bespreking van die waterskeidingsaak Ferreira v Levin, die Giant Concerts-aangeleentheid, die Tulip Diamonds-saak en etlike ander onlangse uitsprake, bied hierdie artikel 'n uitstippeling van die howe se stelselmatige vertolking en toepassing van artikel 38 met betrekking tot die vereistes vir verskyningsbevoegdheid in grondwetlike aangeleenthede. Dit word eerstens vinnig duidelik dat daar, in teenstelling met destyds, nou van howe verwag word om 'n ruim benadering tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike litigasie te volg en só te verseker dat die regte in die Handves van Regte sowel as elders in die Grondwet verwerklik word. Tweedens blyk dit dat litigante wat in eie belang optree, verkieslik ook "iets meer" as blote eie belang moet bewys; 'n groter openbare belang wat met die Grondwet strook. Sodanige groter openbare belang sluit onder meer in die behoefte aan groter regsekerheid vir behoorlike regspleging, die belang om te verseker dat openbare mag ingevolge grondwetlike en regsvoorskrifte uitgeoefen word, en die behoefte om die onafhanklikheid van die regbank te verseker en te versterk. Die derde en finale gevolgtrekking van hierdie navorsing is dat artikel 38 van die Grondwet inderdaad 'n radikale en doelbewuste afwyking van die gemenereg behels, en dat die Grondwet self 'n juiste en doeltreffende raamwerk bied vir 'n hof om grondwetlike verskyningsbevoegdheidsvereistes te bepaal. Laastens word die nie implementering van die Suid Afrikaanse Regskomissie se konsep wetsontwerp vir openbare-en klasaksies betreur omdat regsrekerheid reeds 'n geruime tyd gelede oor kwessies van locus standi verkry kon gewees het.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License