SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

HAMANN, Bernard  and  PAPADOPOULOS, Sylvia. Direkte bemarking en spam deur middel van Elektroniese Kommunikasies: 'n ontleding van die regulerende raamwerk in Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.1, pp.42-62. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel weerlê die feit dat die reguleering van "spam" en direkte bemarking aanlyn nie holistiese aandag geniet nie en dat die gefragmenteerde benadering in terme van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002, Wet op Verbruikers-beskerming 68 van 2008 en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ongewens is. Dit het die gevolg dat verbruikers onvoldoende beskerming geniet en 'n onvermoë van die reg om "spam" en direkte bemarking aanlyn effektief te beheer. Terwyl aanlyn direkte bemarking en "spam" tot 'n mate oorvleuel is "spam" 'n wyer konsep as direkte bemarking. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat nie alle direkte bemarking "spam" is nie, en nie alle "spam" direkte bemarking is nie. Die beperking van die regulering van "spam" tot kommersiële kommunikasies of selfs die meer noue konsep, kommunikasies wat met direkte bemarking betrekking het, is nie voldoende nie omdat daar dan steeds baie verskillende tipes "spam" is wat nog ongereguleerd sal bly. Die artikel argumenteer dat hoewel onlangse regulatoriese veranderinge kan gesien word as 'n verbetering op die vorige posisie in sekere aspekte, is daar nog meer aspekte wat onaangeraak bly en daar is 'n paar bepalings wat nuwe probleme skep. Ten spyte van die onlangse veranderinge in die regulatoriese omgewing is dit waarskynlik dat verbruikers steeds blootgestel gaan word aan 'n deurlopende stroom van nuusbriewe, meningsopnames, godsdienstige boodskappe, politieke inhoud, virus waarskuwings en virus bedrog, nuus, ketting briewe, haat-pos en noukeurige vervaardigde elektroniese kommunikasies wat bedrieglike of misleidende inhoud bevat.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License