SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

PICKLES, Camilla. Geregtelike benaderings tot swangerskap: 'n relasionele respons op die huidige Suid-Afrikaanse posisie en onlangse akademiese denkrigtings. De Jure (Pretoria) [online]. 2014, vol.47, n.1, pp.20-41. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel neem drie verskillende geregtelike benaderings tot swangerskap in oënskou en oorweeg die onderskeie aansprake om ongeborenes tot geboorte te beskerm. Die benaderings wat ondersoek word is die enkel-entiteitbenadering, die aparte-entiteite benadering en die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering. Daar is tekortkominge in beide die enkel-entiteit en die aparte-entiteite benaderings. Beide benaderings faal daarin om die relasionele karakter van swangerskap te akkommodeer aangesien ongeborenes beskou word as nie-entiteite tot voordeel van swanger vrouens of swanger vrouens se belange opsy geskuif word tot voordeel van ongeborenes. Die artikel gaan verder om die nadelige implikasies van hierdie twee benaderings te beklemtoon en voor te stel dat 'n relasionele benadering tot swangerskap opgeneem en gevolg word. Hierdie benadering word beliggaam in die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering en steun op die verhouding tussen swanger vrouens en ongeborenes om sodoende die waarde van beide die entiteite wat 'n swangerskap opmaak, te erken. Die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering lê tussen die twee uiterste benaderings van die enkel-entiteit benadering en die aparte-entiteite benadering. Die voorstel beliggaam in hierdie benadering is dat die waarde van ongeborenes erken moet word maar wel in verhouding tot swanger vrouens wat die ongeborenes dra. Die artikel bekyk die definisie van die nie-een-nie-maar-nie-twee-nie benadering, die skakels met relasionele feminisme en die moontlike toepassing daarvan in 'n Suid-Afrikaanse konteks. Die artikel benadruk dat regsprobleme wat ten opsigte van swangerskap, swanger vrouens of ongeborenes ontstaan, benader behoort te word vanuit die vertrekpunt van die geleefde en beliggaamde ervarings van swangerskap om sodoende die pad vorentoe te bepaal.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons