SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

VAN DER MERWE, Annette. 'n Nuwe rol vir slagoffers? 'n Ondersoek na Herstellende Geregtigheidsprosedures in die Wet op Kinderberegting 2008. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.4, pp.1022-1038. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel ontleed die herstellende geregtigheidsprosedures in die Wet op Kinderberegting 75 van 2008. Die oogmerk hiermee is om te evalueer in welke mate slagoffers ingesluit is en of, in lyn met vorige akademiese opinie, hulle werklik 'n sentrale posisie in so 'n benadering tot die strafregstelsel beklee. Vervolgens word voordele vir slagoffers wat 'n groter rol speel ondersoek, sowel as kritiek daarteen. Alhoewel bevind word dat slagoffers van kinderoortreders nie sentraal staan in hierdie nuwe regsparadigma nie, word aanbevelings gemaak vir die optimale uitleg en toepassing van herstellende geregtigheidsprosedures in die Wet op Kinderberegting. Op so 'n wyse kan die terapeutiese uitkomste wat vir slagoffers in die wet beoog word, verwesenlik word.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons