SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número4Section 85 of the National Credit Act 34 of 2005: thoughts on its scope and natureA new role for crime victims? An evaluation of restorative justice procedures in the Child Justice Act 2008 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure

versión On-line ISSN 1466-3597

Resumen

BOGGENPOEL, Zsa-Zsa  y  PIENAAR, Juanita. Die Voortgesette Relevansie van die Mandament van Spolie Onlangse Verwikkelinge met betrekking tot Uitsetting en Onteiening. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.4, pp. 998-1020. ISSN 1466-3597.

Ten spyte daarvan dat artikel 26(3) van die Grondwet die uitsetting van persone in die afwesigheid van 'n hofbevel verbied, het drie onlangse hofsake aangedui dat sulke uitsettings steeds plaasvind. Hoewel verskeie opsies vir die applikante (staatsorgane) beskikbaar was om persone uit geboue en skuilings te verwyder, (nood-, gesondheids- en rampmaatreëls en die Uitsettingswet 19 van 1998), is uitsetting in die gevalle onder bespreking effektiewelik bewerk deur spoliasie - van die gebou of skuiling as 'n geheel of van elemente wat integraal tot die skuiling was (ontneming van dakplate). Om besitsherstel te bewerkstellig (en uitsetting om te keer), is die mandament van spolie deur die respondente geopper. Hoewel die feite en omstandighede soortgelyk (maar nie identies nie) was, is die uitsprake taamlik uiteenlopend. In twee van die drie sake was die mandament onsuksesvol en is 'n grondwetlike besitsherstelremedie ontwikkel. In die derde geval was die mandament inderdaad suksesvol, hoewel die dakplate met plaasvervangende materiaal herstel moes word. Die bydrae ontleed die drie sake in die lig van (a) die basiese beginsels van die mandament en die redes vir die remedie in die algemeen; en (b) die noodsaaklikheid (al dan nie) om die remedie te ontwikkel. Dit wil voorkom of die mandament toenemend aangewend word om ander oogmerke, byvoorbeeld grondwetlike beskerming teen uitsetting, te bereik. Dit is problematies in die lig daarvan dat die mandament nooit beoog het om substantiewe regte of, soos in hierdie gevalle, veilige grondbeheer ("secure tenure") daar te stel nie. Wat egter duidelik na vore kom, is dat (a) die Uitsettingswet nie persone beskerm wat in dieselfde posisie as die respondente is nie omdat die Wet te reaktief is; en (b) dat die mandament steeds relevansie het deurdat alle rolspelers gedwing om aan 'n formele proses wat by 'n openbare forum afspeel, deel te neem. Solank as wat die leemtes in die Uitsettingswet voortbestaan, is die mandament relevant, nie net as besitsherstelremedie nie, maar ook as meganisme om die belange van kwesbares - veral by onwettige uitsetting - uit te lig.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License