SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

VAN HEERDEN, Corlia. Artikel 85 van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005: Gedagtes oor die Strekking en Aard Daarvan. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.4, pp.968-997. ISSN 2225-7160.

Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 het groot omwentelinge in die Suid-Afrikaanse kredietlandskap meegebring deur die invoering van die skuldverligtingsremedies ten aansien van oorverskuldigdheid en roekelose krediet. Dit is veral die konsep van oorverskuldigdheid wat op 'n prosedurele vlak 'n wesenlike invloed het op 'n kredietverskaffer se reg op skuldinvordering. Die Nasionale Kredietwet bevat verskeie bepalings wat aan 'n verbruiker toegang tot die skuldhersieningsproses bied, naamlik artikel 86(1) wat voorsiening maak vir die verbruiker om vrywillig aansoek te doen om skuldhersiening, artikel 85 wat 'n hof magtig om in te gryp indien dit in enige verrigtinge beweer word dat 'n verbruiker oorverskuldig is, artikel 86(11) wat voorsiening maak vir hervatting van 'n skuld-hersiening wat beëindig is, artikel 130(4)(c) wat toegang tot skuld-hersiening bewerkstellig in gevalle waar die kredietverskaffer nie aan die bepalings van die Kredietwet voldoen het nie. Hierdie bydra ondersoek die aard van die bepalings in artikel 85 en die prosesregtelike interaksie daarvan met die ander bepalings in die Kredietwet wat betrekking het op skuldhersiening. Dit spreek aspekte aan soos wie die prosedure mag gebruik, asook op watter stadium en onder welke omstandighede dit gebruik mag word. Dit stel ook ondersoek in na die verskille tussen die diskresie van die hof, asook die hof se verwysings- en skuld-herstruktureringsbevoegdhede, ingevolge artikel 85(a) en (b) onder-skeidelik.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons