SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

BURRING, Phillip  y  REDDI, Managay. Artikel 49, dodelike geweld en Lesse uit die De Menezes skietvoorval in die Verenigde Koninkryk. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.4, pp.928-944. ISSN 2225-7160.

Die Strafproseswysigingswetsontwerp 2010 stel sekere wysigings aan artikel 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 voor ten einde die artikel in lyn te bring met die riglyne wat vasgestel is deur die Konstitusionele Hof in Ex parte: The Minister of Safety and Security: In re S v Walters 2002 2 SASV 105 (KH) rakende die gebruik van geweld ten einde 'n inhegtenisneming uit te voer. Hierdie artikel poog om die aandag te vestig op die tekortkominge van die voorgestelde wysigings aan artikel 49, deur gebruik te maak van die De Menezes-voorval wat plaasgevind het in die Verenigde Koninkryk, as 'n voorbeeld om die potensiële probleme met die bewoording van die wysigingswetsontwerp toe te lig. Hierdie voorval, waarin 'n onskuldige man deur die Britse polisie doodgeskiet is, gee aanleiding tot 'n aantal interessante vraagstukke met betrekking tot die vlak van geweld wat deur die polisie gebruik mag word om 'n inhegtenisneming te bewerkstellig, en die impak wat terrorisme -spesifiek selfmoordterrorisme - internationaal gehad het op polisie taktiek. In lyn met die Britse ondervinding, sal dit betoog word dat die voorgestelde wysigings aan artikel 49 nie 'n aanvaarbare oplossing in Suid-Afrika bied vir 'n soortgelyke terroristebedreiging nie. Hierdie argument is gebaseer op die voorgestelde teks in artikel 49(2)(b) -naamlik dat "the suspect is suspected" ("die verdagte word vermoed") mag lei tot onskuldige dodings, aangesien die woorde die potensiaal het om die beluitneming, rakende die gebruik van dodelike geweld, van die arresteerder na die verwyderde "supervisor" ("inspekteur") oor te dra. Verder het die insluiting van die teks, "having committed a crime" ("wat 'n misdryf gepleeg het"), en die uitsluiting van die frase, "future death or grievous bodily harm" ("toekomstige doding of ernstige liggaamlike besering"), die gevolg dat die voorgestelde artikel 49 slegs bruikbaar sal wees in voorvalle waar die verdagte ook 'n verdagte is in 'n vorige misdaad, en sal dit nie van hulp wees vir die arresteerder in gevalle waar die verdagte moontlik 'n misdaad in die toekoms beplan nie.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons