SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

SOYEJU, Olufemi. Die Regsgrondslag vir Openbaar-Private Samewerking in Nigerië. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.3, pp.814-832. ISSN 2225-7160.

Nigerië staar tans 'n infrastruktuur-tekort in die gesig, wat 'n beperking plaas op die land se vermoë om ekonomies te groei en te ontwikkel ter bereiking van die nasionale visie om deel van die top 20 wêreld ekonomie teen 2020 te wees. Om die land se infrastruktuur te verbeter en sodoende verbeterde ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, moet daar belê word in die uitbreiding van die infrastruktuur en basiese dienslewering op 'n skaal wat tans vêr buite die bereik is van die regering se begroting en finansiële vermoëns. Dus is die Nigeriese regering afhanglik van privaat inisiatiewe en kapitaal om die land se infrastruktuur te onderhou en uit te brei. Die gebrek van finansiering noodsaak die regering om gebruik te maak van privaatsektor hulpbronne en -finansiering vir die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering deur middel van openbaar-private vennootskappe. Hierdie artikel ondersoek die regsgrondslag vir privaat-sektor deelname in die voorsiening van infrastruktuur en dienslewering in Nigerië. Uiteindelik, bied dit 'n oorsig en lewer kritiek op sekere wetgewing wat die openbaar-private vennootskap raamwerk in die voorsiening van infrastruktuur, onderhoud en finansiering in Nigerië reël. Die artikel argumenteer dat wetgewing wat die grondslag van die raamwerk in Nigerië beheer ontoereikend is. Die ontoereikendheid van wetgewing is deels verantwoordelik vir die gebrek aan private belegging in Nigerië se openbare infrastruktuur en dienslewering. Dit lei daartoe dat die program nie daarin slaag om privaat beleggings vir die ontwikkeling van Nigeriese infrastruktuur te verseker nie. Gevolglik sal die regte wetgewing die privaatsektor aanmoedig om hulle beleggings te verhoog en die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om kritiese ontwikkeling van openbare infrastruktuur en dienslewering te bewerkstellig.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons