SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

LEGWAILA, Thabo. Die Aard van 'n Hoofkwartiermaatskappy: Die Onderskeid tussen 'n Hoofkwartiermaatskappy en Soortgelyke Entiteite Werksaam in die Internasionale Sfeer. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.3, pp.798-813. ISSN 2225-7160.

Ten einde Suid-Afrika as 'n poort vir belegging in Afrika te bevorder, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Tesourie in 2011 die hoofkwartier-maatskappy reguleering bekendgestel. Dit behels dat, kragtens wysigings van belastingswetgewing, die bepaalde struikelblokke wat verhoed dat hoofkwartiermaatskappye na Suid Afrika gelok word, verwyder word. Maatskappye met sekere kwalifiserende strukturele eienskappe geniet spesiale belastingbehandeling ten einde belegging in die vorm van hoofkwartiermaatskappye te bevorder. Verskeie internasionale maatskappye se strukture stem egter ooreen met die eienskappe van hoof-kwartiermaatskappye. In sommige gevalle word die funksies wat deur hierdie entiteite verrig word, gekombineer wat tot gevolg het dat dit die hoofkwartiermaatskappy-funksies van ander entiteite verrig en andersom. Dit skep die geleentheid vir sommige maatskappye, wat nie hoofkwartier-maatskappye is nie, om onbewustelik of bewustelik die voordele wat gemik is op hoofkwartiermaatskappye te verkry. 'n Hoofkwartiermaatskappy is onderskeibaar van verskeie ander vorme van maatskappye wat besigheid in die internasionale sfeer bedryf. Hierdie artikel bespreek die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy en onderskei dit van ander soortgelyke entiteite. Dit dui aan dat, alhoewel daar verskeie en verskillende ooreenkomste tussen hoofkwartiermaatskappye en hierdie entiteite is, die funksie en struktuur van hoofkwartiermaatskappye hulle onderskei van die ander entiteite. Dit is belangrik dat die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy nie met die van die ander entiteite verwar moet word nie. Indien die hoofkwartiermaatskappy met ander entiteite verwar word sal dit lei tot oningeligte besluite en dat eienskappe daaraan toegedig word wat tot belastingaanslae of verwagtinge in verskillende jurisdiksies kan lei.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons