SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BUTHELEZI, Michael Celumusa. Laat Valse Lig (Privaatheidskending) Voortskyn in die Suid-Afrikaanse Reg. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.3, pp.783-797. ISSN 2225-7160.

Die reg aangaande privaatheidskending het die afgelope aantal jare drastiese ontwikkeling ondergaan in alle opsigte, behalwe met betrekking tot vals lig publikasie. Die onlangse saak van Le Roux v Dey 2011 3 SA 274 (CC) het egter 'n hewige debat ontketen oor die vraag of 'n gemanipuleerde foto wat 'n skoolhoof en adjunk-skoolhoof in 'n seksueel-suggestiewe posisie uitbeeld, sou neerkom op laster. Die Konstitusionele Hof het in 'n meerderheidsuitspraak bevind dat dit inderdaad lasterlik was. Twee aparte minderheidsuitsprake het egter bevind dat die foto nóg belasterend was, nóg die menswaardigheid van die betrokke individue geskend het. Die standpunte van die minderheid was hoofsaaklik gegrond op omsigtigheid om in stryd met artikel 9 van die Grondwet, wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied, op te tree. Meeste van die kritiek wat op die meerderheidsuitspraak gelewer is, deel hierdie sentiment. Dit is glad nie vergesog nie dat die howe uiteindelik in die toekoms kan weier om hulp te verleen waar moontlike skending van artikel 9 ter sprake mag kom. Dit laat egter die vraag ontstaan of die tyd nie ryp is om die reg aangaande vals lig privaatheidskending te ontwikkel nie, om in sodanige gevalle inderdaad 'n remedie te verleen.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License