SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

ERLANK, Wian. Verkryging van Eiendomsreg in Virtuele Wêrelde. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.3, pp.770-782. ISSN 2225-7160.

Die artikel het ten doel om as kort inleiding te dien tot die manier waarop eiendom binne in 'n virtuele wêreld verkry kan word. Die Suid-Afrikaanse sakereg word as agtergrond gebruik om die nuwe veld van virtuele goederereg te bespreek en binne in die konteks van die reg in die regte wêreld te plaas. Ondersoek word ingestel om te bepaal of daar ooreenkomste is tussen die oordrag van eiendom in die regte en die virtuele wêrelde. In sommige gevalle blyk dit te wees dat eiendomsregte afgelei word deur middel van standaard kontraktuele bedinge wat deur die ontwikkelaar van 'n virtuele wêreld bepaal word. Soms is hierdie bloot gebruiksregte, maar in ander gevalle, en spesifiek binne-in virtuele wêrelde wat die regte wêreld simuleer, kan gebruikers eienaarskap verkry van hul virtuele goedere. Vanuit die voorbeelde is dit duidelik dat daar sterk ooreenkomste tussen eiendom in die regte en virtuele wêrelde is. Eiendom kan onder andere deur beide oorspronklike sowel as afgeleide wyses verkry kan word in die virtuele wêreld en eiendomsreg in 'n virtuele item kan onder andere gesedeer, verkoop of ge-erf word of selfs verlore gaan in 'n insolvente boedel.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons