SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BOEZAART, Trynie. Die Rol van die Kurator ad litem en Kinders se Reg op Toegang tot die Howe. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.3, pp.707-726. ISSN 2225-7160.

Normaalweg is dit 'n kind se ouer(s) wat hom of haar in litigasie bystaan of vir en namens die kind litigeer. In uitsonderlike gevalle is dit egter nie moontlik of wenslik om hierdie funksie aan die ouers of voogde oor te laat nie. Dit is deel van ons Romeins-Hollandse regserfenis dat kurators ad litem in hierdie gevalle gebruik word om kinders se ontbrekende of beperkte verskyningsbevoegdheid aan te vul. In hierdie bydrae word aangetoon dat die regspraak die rol van die kurator ad litem duidelik omskryf het deur dit onder andere te onderskei van die rol van die Gesinsadvokaat en 'n regsverteenwoordiger. Daar word voorts ook aangetoon dat die howe egter verder gegaan het en die rol van die kurator ad litem wat vir kinders optree, uitgebrei het om onder andere ook die belange van kinders in die algemeen te dien, dus in gevalle waar hulle nie voor die hof was nie. Die uitbreiding van die rol van hierdie kurators kan op vele maniere verklaar word. Dit kan egter nie betwyfel word dat die Kinderwet 38 van 2005 en litigasie wat in die openbare belang ten behoewe van kinders onderneem word, 'n leeue-aandeel hierin gespeel het nie. Hierdie uitbreiding word verwelkom omdat toegang tot die howe noodsaaklik is ten einde sosiale geregtigheid te bewerkstellig en kinderregte te verwesenlik. Daar word egter ook aangetoon dat die Suid-Afrikaanse kinderreg in hierdie verband by ander regstelsels kan kersopsteek, aangesien kinders in sekere gevalle steeds hul reg op deelname aan belangrike besluitneming ontneem word.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License