SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BECKMANN, Johan  and  FUSSEL, Hans-Peter. Die Arbeidsregte van Opvoeders in Suid-Afrika en Duitsland en Kwaliteit-onderwys: 'n Verkennende Vergelyking. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.557-582. ISSN 2225-7160.

Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License