SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

STEYN, Elsa. Aanvang van 'n Mededingende Elektrisiteits-sektor in Suid-Afrika: The independent system and market operator Bill B9-2012 - Konteks, inhoud en kommentaar. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.539-556. ISSN 2225-7160.

Die Independent System and Market Operator Bill B9-2012 ("ISMO-Wetsontwerp") wat tans voor die Parlement dien, is 'n kardinale stap in die ontwikkeling van mededinging in die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor. Die Wetsontwerp word hier krities beskou in die konteks van mededingingsverwikkelinge in die sektor en enkele vergelykings word getref met die Ontario Independent Electricity System Operator (IESO) ten einde voorstelle ter verstewiging van die Wetsontwerp aan die hand te doen. Hierdie het hoofsaaklik betrekking op die korporatiewe vorm van ISMO; ISMO se drievoudige rol met betrekking tot die elektrisiteitbeplanningsfunksie, stelselontwikkeling en as stelsel- en markoperateur; en die eienaarskap van die transmissiebates. 'n Deurtastende beskouing van mededinging in die elektrisiteitsektor toon aan dat velerlei ondernemings in dié verband gemaak is deur die owerhede sedert 1998, maar dat daar weinig van gekom het tot dusver, met die resulterende kapasiteitskrisis wat weer in die winter van 2012 gelei het tot kragonderbrekings en beurtkrag. Daar word voorgestel dat ISMO 'n groter rol te speel het as wat tans in die Wetsontwerp beoog word in verband met elektrisiteitsbeplanning, die toewysing van nuwe opwekkingsgeleenthede, die ontwikkeling en uitbreiding van die nasionale transmissiestelsel en die kontraktering vir nuwe opwekking. Dit word ook beklemtoon dat die eienaarskap van die transmissiebates 'n deurslaggewende faktor kan wees in die uiteindelike sukses aldan nie van ISMO. Die belang van 'n onafhanklike, neutrale mark- en stelseloperateur kan nie oorbeklemtoon word met verwysing na die Renewable Energy Independent Producer Procurement Programme wat einde 2011 deur die Departement van Energie van stapel gestuur is nie. Dit is 'n voorvereiste vir 'n suksesvolle belegging deur 'n onafhanklike kragprodusent dat hy onbelemmerde toegang tot die transmissienetwerk moet kry en dat hy van 'n afset verseker is vir sy produk. ISMO vervul juis hierdie rol

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License