SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

KOEN, Raymond. Pashukanis on crime and punishment. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.486-509. ISSN 2225-7160.

Evgeny Pashukanis is bekend vir die sogenaamde kommoditeits-vorm regsteorie. Die teorie is gebaseer rondom die verhouding tussen die regsvorm en die kommoditeitsvorm, wat wentel om die beginsel van ekwivalensie. Pashukanis het dit as 'n algemene teorie ontwikkel en hy het dit nog altyd as sulks aanvaar. Sedert die publikasie daarvan in 1924, was die Pashukanis regsteorie die teiken van volgehoue kritiek. Een van die mees prominente punte van kritiek is die bewering dat die teorie nie algemeen toepassbaar is nie en dat die teorie nie van sy historiese oorsprong in kontraktereg kan ontsnap nie. Terwyl die beginsel van ekwivalensie toegepas kan word in privaatreg, weerspieël dit nie die verhoudings in die publiekreg nie. Pashukanis se poging om misdaad en straf as 'n integrale aspek van die kommoditeits-vorm teorie aan te bied, is nie oortuigend nie. Die teorie kan slegs slaag as 'n teorie van privaatreg, maar nie as 'n algemene teorie van die reg nie. Hierdie artikel beoog om die argument dat Pashukanis se teorie nie 'n algemene teorie is nie, te ondersoek. Dit word gedoen met spesifieke verwysings na die ontleding van misdaad en straf, en poog om te wys, histories en analities, dat die beginsel van ekwivalensie ook in hierdie gebiede van toepassing is. Die ontleding sluit in pleitonderhandeling, borgtog, noodweer, toestemming en toerekeningsvatbaarheid. In die algemeen word die onderlinge verhoudings tussen kontrakte, delikte en misdaad ook ondersoek. Die impak wat die beginsel van ekwivalensie op straf het word ook verduidelik. Ten slotte is die gevolgtrekking dat daar geen teenstrydighede tussen strafreg en die beginsel van ekwivalensie is nie. Inteendeel, strafreg is 'n vertakking van die reg waar hierdie regsvorm die opvallendste is. Die Pashukanis-regsteorie kan dus beskou word as 'n algemene regsteorie

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons