SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2Restricting freedom of speech or regulating gatherings?Pashukanis on crime and punishment author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

De Jure

On-line version ISSN 1466-3597

Abstract

VAN STADEN, Marius. Die Rol van die regbank in die balansering van buigsaamheid en Sekuriteit. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp. 470-485. ISSN 1466-3597.

In wat volg word die regskeppende bevoegdhede van die howe ondersoek en drie verskillende maniere gemerk waardeur die howe kan bydra tot die regulering van die arbeidsmarkte. Eerstens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul vertolkingsmandaat. Tweedens, kan die howe nuwe regulering skep deur middel van hul remediërende magte na aanleiding van 'n bevinding van ongrondwetlikheid van bestaande reëls en regulasies. Derdens, kan howe ook verdere regulering deur die wetgewer veroorsaak in hul omgang met en hantering van wetgewing. Daar word gelet op die belang van wetgewing in die algemeen maar ook op die besondere belang van arbeidswetgewing ten opsigte van die regulering van die samelewing en die arbeidsmarkte. Verder word die inherente regskeppende funksie van die howe beskryf. Daar word gemerk dat sekere begrippe juis vaag en wyd opgestel is ten einde dit aan die howe oor te laat om die bepalings van sodanige wetgewing te vertolk en inhoud daaraan te gee. Die howe is dus belangrike akteurs in die buigsaamheid/sekerheid debat aangesien hulle reëls en regulasies "skep" deur middel van hulle vertolkingsmandaat. Daar word egter verder aangevoer dat (as gevolg van die openheid van taal) hierdie verskeinsel nie slegs beperk kan word tot daardie gevalle wat as vaag en wyd bestempel kan word nie. Die vertolkingsbenaderings van onderskeidelik die Hoogste Hof van Appèl en die Grondwetlike Hof, ten opsigte van arbeids-aangeleenthede, word ondersoek. Die howe kan egter ook reg skep na aanleiding van 'n bevinding van ongrondwetlikheid ingevolge artikel 172(1)(a) van die Grondwet en kan ook verdere ingrypings deur die wetgewer in die arbeidsmark veroorsaak. Hierdie verskeinsel laat vrae ontstaan oor hoe howe kan bydra tot die buigsaamheid/sekerheid debat en die regulering van die arbeidsmarkte.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License