SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

VERWEY, Hanneke  e  CARSTENS, Pieter. Kosmetiese Chirurgie en Verantwoordelike Pasiëntkeuse - Bestaan daar 'n Regsplig om Pasiënte te Evalueer?. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.432-450. ISSN 2225-7160.

Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome. Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons