SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

VERWEY, Hanneke  y  CARSTENS, Pieter. Kosmetiese Chirurgie en Verantwoordelike Pasiëntkeuse - Bestaan daar 'n Regsplig om Pasiënte te Evalueer?. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.432-450. ISSN 2225-7160.

Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome. Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons