SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

HARMS, Louis. Ongetooide Verpakking en die Impak Daarvan op die Reg Insake Handelsmerke. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.387-400. ISSN 2225-7160.

Handelsmerke word ruim beskerm en wetgewers laat die eienaars van handelsmerke tot 'n groot mate toe om hulle handelsmerke ongestoord te gebruik. Daar is egter 'n nuwe wetgewende tendens op die horison wat 'n bedreiging inhou vir handelsmerke. Hierdie wetgewing, wat hoofsaaklik op tabakprodukte gemik is, vereis dat sodanige produkte slegs in voorgeskrewe ongetooide verpakking te koop aangebied mag word. Die verpakking is effekleurig en slegs die handelsnaam mag op die voorkant verskyn. Dit is die gevolg van riglyne uitgereik deur die Wêreld Gesond-heidsorganisasie na aanleiding van die konvensie oor die beheer van tabakprodukte. Australiê is die eerste land wat by wyse van wetgewing aan die riglyne uitvoering gegee het en hierdie wetgewing het toetsing deur die howe deurstaan. Dit wil voorkom of Suid-Afrika ook afstuur op soortgelyke wetgewing. Die gebruik van ongetooide verpakking kan egter onverwagse gevolge inhou. Vervalsing en sluikhandel word tot 'n groot mate bekamp deur die eienaars van handelsmerke wat hulle handelmerke teen misbruik beskerm. Indien tabakprodukte in ongetooide verpakking verkoop moet word, kan dit vervalsing en sluikhandel bevorder deurdat dit makliker sal wees om die verpakking na te boots en moeiliker sal wees vir die eienaars van handelsmerke om hulle regte af te dwing.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License