SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

GREENFIELD, Steve. Om Kinders Veilig te Hou Terwyl Hulle aan Sport Deelneem: Wat kan Suid-Afrika uit die Ervaring in die Verenigde Koninkryk Leer?. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.366-384. ISSN 2225-7160.

OPSOMMING Sportbeheerliggame het ernstige problem in die gesig gestaar met kinderbeskerming en was dikwels nie toegerus om die problem te hanteer nie. 'n Sleutelvraag was of daar van sportbeheerliggame verwag is om die problem alleen die hoof te bied en of kinder beskerming in sport deel moes uitmaak van 'n breër holistiese stelsel van kinderwelsyn wat ook ander organisaies moes insluit. Die Verenigde Koninkryk het daarna gestreef om 'n beskermende raamwerk van kinderwelsyn dwarsoor alle sport te bewerkstellig wat deur sportbeheerliggame afgedwing word, en fokus op onderrig en opleiding van vrywilligers wat by sport betrokke is. 'n Sleutelpunt was die skepping van die Child Protection in Sport Unit binne die National Society for the Prevention of Cruelty to Children. Die Safeguarding Vulnerable Groups Act 2006 het 'n sentrale ligaam, die Independent Barring Board, later verander na die Independent Safeguarding Authority ingestel wat verantwoordelik is vir die bedryf van 'n keuring- en uitsluitingskema. Sport klubs val binne die omskrywing van "Regulated Activity Provider" en moet die status van enige persoon wat gereeld by bedrywighede betrokke is en kontak met kinders het, nagaan. Aanvanklik is die vlak van bedrywighede wat as gereelde kontak beskou is, taamlik laag gestel sodat 'n groot aantal aktiwiteite en persone binne die omskrywing sou val. Latere hersienings het voorgestel dat die vlak van bedrywighede beter omskryf en op 'n hoer vlak gestel word ten einde die proses meer vaartbelein te maak. In Suid-Afrika, bevorder Sport en Ontspanning Suid-Afrika gestruktureerde deelname aan sport- en ontspanningsbedrywighede in skole en die opheffing van sport in skole en sportklubs. Die Suid-Afrikaanse sportsektor moet ook die problem van seksuele teistering en misbruik is sport aanspreek en kan in hierdie verband gerus uit die ondervinding in die Verenigde Koninkryk leer.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons