SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

MAWDSLEY, Ralph D  and  BECKMANN, Johan. Taal- en Kultuurbeperkings in K-12 Nie-openbare Skole in die Verenigde State: 'n Verkenning van die Reikwydte van Federale Nie-diskriminasie Wetgewing en Implikasies vir Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.310-344. ISSN 2225-7160.

In hierdie artikel ondersoek en vergelyk ons aspekte van die beperking sowel as die beskerming van taal- en kultuurregte in skoolverband (onafhanklike skole in die Verenigde State en openbare skole in Suid-Afrika). Ons doen dit deur grondwetlike en ander bepalings te bespreek en geselekteerde regspraak in die twee lande onder die vergrootglas te plaas. Ons ondersoek ook die samehang of gebrek aan samehang tussen die konsepte taal en kultuur in wetgewing en in regspraak. Ten slotte dui ons enkele besluitnemings- en bestuursimplikasies vir rolspelers in die onderwys aan en oorweeg ons ook die rol wat wetgewing en regspraak sou kon speel in die voortbestaan of ondergang van minderheidstale en -kulture.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License