SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

ROSSOUW, Johannes P. Die Potensiële Remediërende Funksie van die Reg in die Verswakkende Openbare Skoolsisteem van Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.285-309. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel maak daarop aanspraak dat die Suid-Afrikaanse regstelsel sowel die vermoë as die verpligting het om die nodige remediërende funksie te vervul, sodat verdere agteruitgang van die openbare onderwysstelsel gestuit word. Daadwerklike optrede vanuit die regstelsel word in die vooruitsig gestel om openbare amptenare, onderwysvakbondlede en politici wat die reg verontagsaam, te dwing om die heerskappy van die reg en oppergesag van die Grondwet te erken en te respekteer. Die artikel wys daarop dat daar dringende optrede nodig is teen vakbonde soos SADOU, wat volgens alle getuienis die reeds kwesbare onderwysstelsel verder ondermyn. Sowel die aanstigting van gewelddadige optrede tydens langdurige stakingsaksies as die beskerming van lede wat hulle deurlopend skuldig maak aan substandaard-onderrig, moet teengewerk word. Sodanige onprofessionele, onetiese optrede tas die reg van leerders op onderwys ernstig aan. Die Staat se aandeel aan mislukte onderhandelinge en die gevolglike nywerheidsaksies in die openbare sektor, insluitend die onderwys, moet egter nie misgekyk word nie. Die eerste aanbeveling is dat belanghebbendes by die onderwys moet saamwerk om die nodige respek vir die heerskappy van die reg te vestig en af te dwing. In gevalle waar versuim onder amptenare, vakbondlede of politici om die reg te respekteer opgemerk word, moet die belanghebbendes nie skroom om hofsake teen die oortreders aanhangig te maak nie. Die tweede aanbeveling hou verband met die potensieel kragdadige optrede van die howe, soos in Coetzee v National Commissioner of Police 2011 2 SA 227 (GNP) gedemonstreer is. Daar word aanbeveel dat, waar openbare amptenare hulle aan mala fide-optrede skuldig maak, hulle in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou sal word vir die volle regskoste, eerder as om dit vanuit Staatsfondse te laat vereffen. Dit sal as 'n gepaste straf dien, en ook as 'n afskrikmiddel om ander amptenare te keer om hulle aan soortgelyke wangedrag skuldig te maak.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License