SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

VAN VOLLENHOVEN, Willem J  y  ELS, Christo J. Die Menseregte-paradoks van Lesbiese, Gay, Biseksuele en Transgeslagtelike Studente in die Suid-Afrikaanse Onderwys. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.263-284. ISSN 2225-7160.

Onlangse navorsing toon duidelik aan dat benewens geslag, seksuele oriëntasie waarskynlik die volgende sleuteleienskap is wat bepaal wie ons as mense is. Seksuele oriëntasie is een van die belangrike aspekte wat 'n persoon se identiteit, persona, selfbeeld, samehorigheid, gelykheid en waardigheid bepaal. Wanopvattings en vooroordele lei dikwels tot emosionele, sielkundige en woordelikse diskriminasie of viktimisasie, en kan selfs tot fisiese geweld teen lesbiese, gay, biseksuele en transgeslagtelike (LGBT) student lei. Hierdie artikel ondersoek eerstens historiese voorbeelde van menseregteskendings teen LGBT-mense in Suid-Afrika, sowel as voorbeelde van teenswoordige menseregteskendings teen LGBT-mense, ten spyte van duidelike rondwetlike bepalings in hierdie verband. Ten einde die onderliggende faktore wat sulke skendings meebring te verstaan, word sosiale wanopvattings aangaande LGBT-mense ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van wat biologiese navorsing aangaande LGBT-oriëntasie aan die lig gebring het. Die Menseregtekommissie berig dat fisiese en sielkundige misbruik van LGBT-studente is menseregteskendings wat dikwels in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voorkom. Die artikel voer aan dat stilswye, wanopvattings, miskenning sosiale vooroordele aangaande seksuele oriëntasie 'n "verskuilde kurrikulum" skep wat LGBT-studente se reg op waardigheid en gelykheid skend, en 'n paradoks meebring met die grondwetlike waardes wat Suid-Afrika se demokratiese bestel onderlê.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons