SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

LOOCK, Coert. Statistiese Aanpassing van Matriekpunte: Die Reg op Toegang tot Inligting. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.251-262. ISSN 2225-7160.

Hierdie artikel neem die historiese rol van Umalusi, 'n liggaam wat wetlik daargestel is om as kwaliteitversekeraar en kurator van die Nasionale Senior-Sertifikaat (Graad 12) te funksioneer, onder die loep. Die doel is om vas te stel in welke mate die Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 gebruik kan word om toegang tot sensitiewe inligting aangaande die statistiese verstelling of "standaardisering" van matriekpunte te verkry. Die artikel verskaf in-diepte agtergrond aangaande twee aspekte, naamlik: die legitieme mandaat van Umalusi om punteverstellings te mag doen en hulle aanvanklike weiering in 2011 om die uitkomste van sulke verstellings aan die media en breë publiek bekend te stel, gegewe die historiese konteks; tweedens ontleed die artikel die doel en bepalings van die Wet ten einde uitvoering te gee aan artikel 32(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die uitgang van hierdie studie is die betoog van die media en publiek in 2011 dat hulle die grondwetlike reg het om ingelig te word aangaande die proses en uitkoms van die statistiese verstelling van matriekpunte (Graad 12). Volgens regsvertolking is Umalusi deur parlementêre wetgewing daargestel as 'n staatsliggaam wat in die openbare belang binne 'n bepaalde politieke en juridiese raamwerk funksioneer en sy aksies moet as sodanig gemoniteer kan word.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License