SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

VAN DER MERWE, Suzaan. Die Grondwetlikheid van Artikel 16A van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.237-250. ISSN 2225-7160.

Die Wysigingswet op Onderwyswette 31 van 2007 het artikel 16A tot die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 toegevoeg. Hierdie artikel sal onder meer kyk na die implikasies van artikel 16A van die Skolewet op die rol van die skoolhoof as 'n lid van die beheerliggaam en as 'n werknemer van die Departement van Onderwys en die potensiële botsing van belange voortspruitend uit artikel 16A. Die grondwetlikheid van die betrokke artikel gaan deeglik ondersoek en bespreek word. Artikel 16(2) van die Skolewet bepaal dat 'n beheerliggaam in 'n vertrouensposisie teenoor die skool staan. Hierdie bepaling geld ook vir die skoolhoof, as 'n lid van die beheerliggaam. Die gevolg van Artikel 16A is dat die skoolhoof 'n opdrag van die Departement kan ontvang om die Departement se belange in die beheerliggaam te verteenwoordig, maar dat hierdie belange dikwles in stryd is met die belange van beheerliggaam. Artikel 23(1) van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg tot billike arbeidspraktyke het. Billike arbeidspraktyke word nie in die Grondwet self omskryf nie. Daar kan geargumenteer word dat die Departement die skoolhoof in 'n ongemaklike werksituasie plaas omdat daar ingevolge wetgewing, van die skoolhoof verwag word om twee teenstrydige opdragte uit te voer. Artikel 16A verwag van die skoolhoof om die Departement van Onderwys se belange eerste te stel terwyl artikel 16(2) die skoolhoof verplig om die skool se belange eerste te stel. Dit gee gevolg tot 'n onbillike arbeidspraktyk omdat die skoolhoof uit vrees vir 'n tugverhoor, sou hy nie sy opdrag van sy werkgewer navolg nie, 'n mandaat uitvoer wat strydig is met sy vertouensposisie teenoor die skool ingevolge artikel 16(2); of sou hy ingevolge artikel 16(2) optree en die belange van die skool bo die belange van die Departement kies en dan sy plig as werknemer teenoor die Departement ingevolge artikel 16A nie nakom nie. In beide hierdie situasies sal dit die verhouding tussen die skoolhoof en Departement nadelig bëinvloed en op 'n onbillike arbeidspraktyk neerkom wat teenstrydig is met artikel 23 van die Grondwet.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons