SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

REYNEKE, Mariëtte. Kinders se Reg om Deel te Neem: Implikasies vir Skool Dissipline. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.206-236. ISSN 2225-7160.

Die nuwe Kinderwet 38 van 2005** maak voorsiening vir addisionele regte wat die kind se grondwetlike regte ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 aanvul. Een van hierdie regte is die kind se reg om deel te neem aan verrigtinge wat hom of haar raak. Die inhoud van hierdie reg word bespreek met verwysing na General Comment No 12 van die Verenigde Nasies se Komitee oor die Regte van die Kind. Verder word daar ook gefokus op Hart en Shier se onderskeie modelle om die vlak van kinders se deelname te meet. In die laaste instansie, word Lundy se model vir die implimentering van artikel 12 van die Konvensie op die Regte van die Kind gebruik om te verseker dat dit behoorlik geïmplementeer word. Die model fokus op die volgende vier faktore naamlik die skep van 'n ruimte waarbinne opinies gelug kan word, die geleentheid wat die kind gegee word om opinies te lug, 'n gehoor wat verplig is om te luister na die opinies van die kind, en laastens, die geleentheid om besluite te beïnvloed. Hierdie faktore word dan toegepas op, onderskeidelik, die strafgeoriënteerde- en herstellende geregtigheids-benadering tot dissipline. Die gevolgtrekking word gemaak dat die herstellende geregtigheidsbenadering tot dissipline die mees gepaste benadering is om gevolg te gee aan die kind se reg om deel te neem.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons