SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

PRINSLOO, Justus. Wie Bewaak die Bewaarders? Vryheid van Uitdrukking en Verklikkers - 'n Persoonlike Verhaal. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.178-205. ISSN 2225-7160.

Die bespreking van die opvoeder se reg op vryheid van uitdrukking in hierdie artikel spruit voort uit 'n departementele tugverhoor wat werklik plaasgevind het. Die opvoeder het, aldus die klagstaat, met die pers gepraat oor 'n voorval wat by die skool plaasgevind het. Die Departement beweer dat die opvoeder nie met die pers mag praat sonder die toestemming van die Departement nie. Hy sou dan ook nie sodanige toestemming gehad het nie. Tydens die verhoor het die skrywer as vakbondverteenwoordiger namens die opvoeder gepoog om die voorsittende beampte te oortuig dat die geldigheid van die klagtes oorweeg moet word in die lig van die opvoeder se reg op vryheid van spraak, welke reg nie willekeurig deur amptenare van die Departement beperk kan word nie. Dit sou beteken dat dit geldige aanklagtes moet wees. Hierdie verweer was nie suksesvol nie. Die aandag van die voorsittende beampte is ook gevestig op nuwe kinderwetgewing wat die beskerming van kinders vereis en die aanmelding van bepaalde oortredings verpligtend maak vir opvoeders. Die voorsittende beampte kon dit aanvaar, maar alleen aanmelding aan die polisie maar nie aan die pers nie. 'n Laaste poging is aangewend deur die voorsittende beampte se aandag te vestig op die voorskrifte van die Wet op Beskermde Bekendmakings 26 van 2000, wat die werkgewer gebied om, onder omstandighede waar aan die vereistes van die Wet voldoen is, 'n werknemer wat so 'n bekendmaking doen, te beskerm en verder die werkgewer verbied om die werknemer aan beroepsnadeel te onderwerp, wat in hierdie geval 'n skorsing en tugverhoor behels het. Ook hierdie poging was onsuksesvol. In die loop van die bespreking word ook melding gemaak van die basiese vereistes vir 'n billike verhoor wat verontagsaam is en wat buitendien daartoe behoort te lei dat die verrigtinge op appèl ter syde gestel behoort te word.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License