SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

JOUBERT, Rika; SUGHRUE, Jennifer  and  ALEXANDER, David M. Deursoeking en Beslaglegging van Leerders in Skole in 'n Grondwetlike Demokrasie: 'n Vergelykende Ontleding van Suid-Afrika en die Verenigde State. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.114-133. ISSN 2225-7160.

In hierdie artikel word die regsraamwerk wat die effektiewe bestuur van deursoeking en beslagleggingsaksies rig, gebruik om die reg van leerders op privaatheid in gevalle van onredelike deursoeking en beslaglegging van leerders se besittings in Suid-Afrika te vergelyk met die Verenigde State. In Suid-Afrika mag 'n skoolhoof of die persoon aan wie hierdie gesag gedelegeer is, 'n groep leerders of die besittings van 'n groep leerders lukraak deursoek vir enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel, mits daar 'n billike en redelike vermoede bestaan. In die Suid-Afrikaanse reg word die begrippe deursoeking en beslaglegging nie duidelik gedefinieer nie. Hoewel daar riglyne gepubliseer is wat die bestuur en voorkoming van dwelmmisbruik in skole rig, word deursoeking van leerders tans oorgelaat aan eie oordeel wat van een geval tot die volgende gebruik word. Deursoeking noodsaak 'n mate van skending van die reg op privaatheid van leerders of hulle besittings. Daar is 'n belangrike verskil tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat betref die vryheid om 'n individu te mag deursoek. In die Verenigde State mag 'n skoolhoof nie 'n groep leerders deursoek as daar 'n redelike vermoede bestaan dat een van hulle 'n moontlike oortreding begaan het nie. Indien daar 'n redelike vermoede bestaan dat 'n individuele leerder 'n moontlike oortreding begaan het, mag slegs daardie leerder deursoek word. In die artikel word onderwysers gemaan dat elke situasie waartydens deursoeking of beslaglegging betrokke is van mekaar verskil en dat 'n presedent moeilik gevolg kan word. Nuwe hofuitspake en verskillende omstandighede noodsaak verskillende optredes. Die doel met deursoeking en inbeslaglegging van leerders se besittings moet verband hou met die handhawing van goeie orde en dissipline by 'n skool en nie met die toepassing van strafreg nie.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License