SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

DE WAAL, Elda  e  CAMBRON-MCCABE, Nelda. Leerders se Godsdienstig-kulturele Regte: 'n Delikate Balanseertoertjie. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.93-113. ISSN 2225-7160.

Suid-Afrikaanse openbáre skole konfronteer die uitdaging om duidelike riglyne te ontwikkel wat die grondwetlik-beskermende regte van alle godsdienste en kulture respekteer en eer. Die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 verwag van skoolbeheerliggame om 'n Gedragskode vir Leerders daar te stel wat streng onderworpe is aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.1 Die reg van groepe om hul godsdiens te beoefen en hul kultuur te geniet moet in lyn wees met die bepalings van die Handves van Menseregte, en dit impliseer dat daar nie onbillik inbreuk gemaak mag op die reg op vryheid van godsdiens en kultuur nie.2 In die Verenigde State van Amerika verskaf die federale Grondwet op 'n beperkte wyse beskerming vir leerders se vryheid van godsdiens en kultuur op skool. Die beskerming geld solank die uitoefen van sulke regte nie inmeng met die bestuur van die skool en die regte van ander leerders nie.3 Met die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika wat diverse godsdiens- en kultuurregte op openbare skole erken, ontstaan daar spanning tussen die menings wat betref die menseregte van leerders wat uit verskillende godsdienstige en kulturele agtergronde afkomstig is en skoolamptenare se verantwoordelikheid om veilige en gehalte skole te bedryf. In hierdie artikel ondersoek die outeurs hierdie spanning en die implikasie daarvan op skoolbeleid vir Suid-Afrikaanse openbare skole.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons