SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

DEACON, Jaco. Is Vastetermyndienskontrakte vir Opvoeders in Beheerliggaamposte die Beste Model vir Skole?. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.63-75. ISSN 2225-7160.

Weens departementele begrotingstekorte en groeiende behoeftes in skole is dit vandag algemene praktyk dat skoolbeheerliggame aanstellings uit skoolfondse finansier. Indien 'n beheerliggaam 'n aanstelling maak, is die skool die werkgewer, en nie die tersaaklike departement van onderwys nie. Die belangrikste gevolg hiervan is dat arbeidswetgewing, en nie net wetgewing spesifiek uitgevaardig vir die onderwys nie, die werksverhouding reguleer. Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dit dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur beheerliggame aangestel word. 'n Groot persentasie van hierdie aanstellings is vir 'n vaste tydperk en beheerliggame voer verskeie redes aan waarom dit die beste model is. Daar is geen statutêre beperkinge op die sluit van termynkontrakte nie, en in die meeste gevalle is dit weens praktiese oorwegings die enigste opsie vir skole. Begrotings word jaarliks opgestel en goedgekeur, waarná 'n beheerliggaam die aantal poste vir die volgende jaar vasstel. Versuim om 'n vastetermynkontrak te hernu was nog altyd 'n omstrede aangeleentheid. Indien daar gedurende die dienstermyn 'n verwagting van 'n voortdurende verhouding geskep is, sal die versuim om die kontrak te hernu ooreenkomstig artikel 1 86(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge op ontslag neerkom. Die tydperk van afwagting is uit die aard van die saak 'n stresvolle tydperk vir die opvoeder wat gepaard gaan met werkonsekerheid en finansiële bekommernis wat 'n nadelige invloed op die opvoeder se onderrig kan uitoefen. Hierdie artikel ondersoek die aard en wenslikheid van diensooreenkomste tussen skool beheerliggame en opvoeders en kom tot die gevolgtrekking dat die vastetermynkontrak nie teenoor die reg van die opvoeder gestel behoort te word nie, maar dat daar na die praktiese oorwegings binne skole en die beste belang van leerders gekyk word binne 'n raamwerk van goeie beheer en bestuur.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons