SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

SERFONTEIN, Erika M  y  DE WAAL, Elda. Die Doeltreffendheid van Regsmiddele in Onderwys: 'n Skoolbeheerliggaam se Perspektief. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.45-62. ISSN 2225-7160.

Na bykans 'n dekade van grondwetlike regsontwikkeling, word howe steeds versoek om geskille tussen skoolbeheerliggame en hul onderskeie provinsiale onderwysdepartemente by te lê. Alhoewel verskeie redes hiervoor uitgelig kan word, fokus hierdie artikel op aangeleenthede wat betref die Staat en skoolbeheerliggame se besorgdheid aangaande die voorsiening van gehalte-onderwys in die taal van keuse ingevolge artikel 29(2) van die Grondwet. Die doeltreffendheid van regsmiddele in hierdie verband, word aan die hand van drie prominente hofsake, naamlik Laerskool Middelburg, Laerskool Mikro en Hoërskool Ermelo ondersoek. Vir die doeleindes hiervan, is 'n dokumentêre navorsingsontwerp en hermeneutiese benadering binne 'n kwalitatiewe dimensie in die kleine gevolg om die ervaring van minstens twee persone wat verbonde is aan elk van die skole en betrokke was by elke hofsaak, te bekom. Die resultate van die studie dui daarop dat taal oor die algemeen 'n polities-gedrewe aangeleentheid is, dat regsmiddele inderdaad - met verloop van tyd - verligting en sekerheid bring en dat howe wél die korrekte forum is vir geskilbeslegting wat betref onderwysaangeleenthede.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons