SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número3Judicial oversight for sales in execution of residential property and the National Credit ActThe judicial and legislative reform of the customary law of succession índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

CLOETE, Rian. Die belasting van die reg op die openbare beeld: 'n Vergelykende ontleding. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.3, pp.556-567. ISSN 2225-7160.

Sport het vandag 'n industrie geword en dit het gelei tot die kommersialisering van regte op die openbare beeld wat binne die konsep van persoonlikheidsregte en in die konteks van die actio iniuriarum erkenning geniet en as regtens beskermbare belang beskou word. Die daaropvolgende toename in sportlui se waarde en inkomste het onvermydelik die belasting-gaarder se belangstelling gewek. Dit het sportlui genoodsaak om belasting-advies te bekom en het 'n aantal belastingbeperkingskemas tot gevolg gehad. Een van hierdie skemas is om 'n sportman se verskaffing van promosiedienste van sy lewering van spelersdienste te skei. Talle sportlui het met die oog op hul regte op die openbare beeld persoonlike maatskappye gestig wat bepaal hoe hierdie regte oorgedra of gelisensieer kan word en sodoende absolute beheer uitoefen oor die kommersiele ontginning van die sportman se regte op sy beeld. Die doel van sodanige skeiding is om die sportman se belastinglas te verlig deur belastingaanspreeklikheid op grond van vergoeding vir promosiedienste te vermy. Die inkomste wat verkry word uit die ontginning van regte op die openbare beeld sal deel van die maatskappy se winste vorm. Die maatskappy sal dan op sodanige winste belas word en die sportman sal 'n dividend van die maatskappy ontvang. Die regsvraag is egter of die belastinggaarder so 'n skema sal toelaat. Daar moet ook vasgestel word of die inkomste verkry uit die gebruik van 'n sportman se regte op die openbare beeld as van 'n kapitale aard beskou kan word wat as 'n kapitaalwins aan minder belasting onderhewig is en of dit as bruto inkomste ingevolge die Inkomstebelastingwet geklassifiseer moet word. Hierdie belastingkwessies is nog nie omvattend in Suid-Afrika aangespreek nie. Ten einde 'n beter begrip te verkry van die verwikkeldhede wat met die belasting van inkomste uit die gebruik van regte op die openbare beeld gepaardgaan, word die benadering in die Verenigde Koninkryk geevalueer weens die ooreenkomste tussen ons regstelsels in hierdie verband.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons