SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

DU PLESSIS, Elmien. Geregtelike toesig by eksekusieverkope van residensiële eiendom en die Nasionale Kredietwet. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.3, pp.532-555. ISSN 2225-7160.

Praktiese uitvoering word gegee aan 'n hofbevel wanneer 'n huis in eksekusie verkoop word. Verkope in eksekusie stel 'n party in staat om 'n hofbevel teen 'n skuldenaar af te dwing. So 'n afdwinging is belangrik vir regswerking. Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005** is uitgevaardig om (meestal) prosedurele beskerming te bied aan skuldenaars, terwyl sake soos Jaftha v Schoeman en Gundwana v Steko Development verg dat howe geregtelike toesig het by bevele wat lei tot verkope van huise in eksekusie. Die pad tot hier was lank en soms deurmekaar. Howe het geworstel met die vraag of 'n bevel om 'n huis te verkoop in eksekusie sonder 'n hofbevel inbreuk maak op die grondwetlike reg tot toegang tot genoegsame behuising. Verskillende howe het tot verskillende gevolgtrekkings gekom. Alhoewel die probleem meestal opgelos is deur die Jaftha en Gundwana beslissings, is die sake waarin die howe met die vraagstuk geworstel het steeds belangrik om in die toekoms die howe te help om 'n balans te vind tussen die regte van die skuldeiser om haar hofbevel af te dwing, en die skuldenaar se grondwetlike regte. In die artikel word die impak van die Nasionale Kredietwet op die skuldeiser se vermoe om 'n hofbevel te bekom teen 'n skuldenaar, sowel as die mees belangrike sake tot Gundwana wat handel oor die skuldeiser se vermoe om so 'n bevel af te dwing, bespreek. Die fokus is op hoe die hof die mededingende regte moet opweeg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License