SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

COETZEE, Faan  and  BEERMAN, Retha. Kan 'n werkgewer nog die operationele-vereiste-ontslag-roete volg in onderhandelinge oor belangsdispute? Die Fry's Metals-saak onder die Wetsontwerp op Arbeidsverhoudinge 2012. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.2, pp.348-358. ISSN 2225-7160.

Artikel 187(1)(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 55 van 1996 ("WAV") maak die sogenaamde uitsluitings-ontslag, in die loop van kollektiewe onderhandelinge, outomaties onbillik. Werknemers word egter alleenlik deur die huidige artikel 187(1)(c) beskerm, as die afdanking ten doel het om die werknemers te dwing om hul werkgewer se eis ten aansien van 'n aangeleentheid van gemeenskaplike belang te aanvaar, en as die afdanking bloot tydelik is. Dit is dus huidig moontlik om finale diensbeëindigings teweeg te bring, vir operasionele redes (ingevolge artikel 189 of 189A van die WAV) as werknemers nie bereid is om toe te stem tot wysigings aan hulle diensvoorwaardes nie, mits die werkgewer substantiewe billikheid in die ontslag kan bewys, en solank die ontslag nie tydelike werking het nie. Op 22 Maart 2012 het die Suid-Afrikaanse Kabinet sekere voorgestelde wysigings aan die WAV goedgekeur. Artikel 187(1)(c) sal, as die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, die uitwerking hê dat enige ontslagte wat intree as gevolg van werknemers se weiering om toe te stem tot eise van hul werkgewers, ten aansien van aangeleenthede van gemeenskaplike belang, outomaties onbillik sal wees. Dit laat die vraag ontstaan hoe werkgewers artikel 189- en 189A-prosesse, waar moontlike veranderinge aan diensvoorwaardes voorgestel word as alternatief tot ontslag, moet benader, en of sodanige situasies noodwendig tot gevolg sal hê dat die werkgewer nie werknemers wat weier om die alternatief te aanvaar, mag ontslaan nie. Die skrywers kom tot die slotsom dat artikel 187(1)(c) nie voorrang behoort te geniet bo artikels 189 en 189A nie, en dat dit eerder 'n feitevraag moet wees, wat in elke geval beantwoord moet word, gebaseer op die normale kousaliteitsbeginsels, of die oorwegende rede vir die afdankings gevind kan word in 'n poging deur die werkgewer om werknemers te dwing om 'n aanbod op 'n gemeenskaplike-belang-aangeleentheid te aanvaar, teenoor die vraag of die rede vir die afdanking as gevolg van bona fide operasionele-vereistes ontslag is.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License