SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

CALITZ, Juanitta. 'n Oorsig van sekere aspekte ten opsigte van die regulering van staatsinsolvensiereg. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.2, pp.329-347. ISSN 2225-7160.

Daar is tans geen internasionale erkende of geldige insolvensiestelsel wat toegepas kan word in die geval van die insolvensie van 'n staat nie. Regeringsamptenare en owerhede regoor die wêreld poog tans om die impak van die huidige internasionale ekonomiese krisis te versag deur gebruik te maak van verskeie kunsmatige ondersteuningsmeganismes en ekonomiese beleidsreaksies. Akademici sowel as beleidmakers pleit reeds geruime tyd vir die ontwikkeling van internasionale maatreëls ten einde so 'n internasionale ekonomiese krisis te hanteer en sodoende die herhaling en erns daarvan te beperk. 'n Doeltreffende en effektiewe insolvensiestelsel is 'n kritiese komponent van elke goed-funksionerende mark-ekonomie en die huidige debat oor ekonomiese globalisering kan ook nie geïgnoreer word nie. Die onlangse ekonomiese ondergang van Griekeland en ander Europese lande het die behoefte beklemtoon om ekonomiese aangeleenthede ten opsigte van staatsinsolvensies op 'n tydige, ordelike en voorspelbare wyse aan te spreek. Die doel van hierdie bespreking is nie om die moontlike oorsake, implikasies en oplossings vir die huidige internasionale ekonomies krisis te bespreek nie, maar om 'n oorsig van sekere aspekte met betrekking tot staatsinsolvensie te gee en die behoefte aan 'n internasionale insolvensie-raamwerk te beklemtoon. So 'n stelsel het die potensiaal om toekomstige finansiële krisisse te voorkom of minstens die impak daarvan te verlig.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons