SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2The past, present and future of vicarious liability in South AfricaThe rule of law versus decisionism in the South African constitutional discourse author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

De Jure

On-line version ISSN 1466-3597

Abstract

BORAINE, André; VAN HEERDEN, Corlia  and  ROESTOFF, Melanie. 'n Vergelyking tussen formele skuldadministrasie en skuldhersiening -die voor- en nadele van hierdie maatreëls en voorstelle vir regshervorming. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.2, pp. 254-271. ISSN 1466-3597.

Ongeveer 'n dekade gelede het die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, na aanleiding van klagtes deur verbruikers oor die misbruik van die administrasieprosedure, 'n projek ter hervorming van hierdie prosedure van stapel gestuur. Hierdie projek is egter opgeskort vanweë 'n onafhanklike inisiatief van die Departement van Handel en Nywerheid om verbruikerswetgewing, wat in 2007 in die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 gekulmineer het, te hervorm. Ongelukkig het die wetgewer met die invoering van die skuldhersieningsprosedure ingevolge die Nasionale Kredietwet 'n gulde geleentheid laat verbygaan om die reg insake skuldverligtingsmaatreëls behoorlik en volledig te hersien. Daarbenewens het die wetgewer ook nie die verhouding tussen skuldhersiening en ander bestaande skuldverligtingsmaatreëls, in die besonder administrasiebevele, behoorlik oorweeg nie. In die eerste gedeelte van hierdie artikel wat in 2012 De Jure 80 verskyn het is administrasie ingevolge die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en skuldhersiening ingevolge die Nasionale Kredietwet geanaliseer om sodoende sekere positiewe en negatiewe aspekte rakende hierdie twee prosedures te identifiseer. In hierdie tweede gedeelte van die artikel word 'n vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening gedoen en voorstelle ter regshervorming gemaak. Die skrywers doen aan die hand dat Suid-Afrika 'n volledige hersiening van sy huidige skuldherskedulerings-maatreëls benodig en dat die wetgewer vir een enkele maatreël wat op alle skuldherskeduleringsgevalle van toepassing is, voorsiening moet maak. Na aanleiding van die vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening belig die skrywers die hoofkwessies wat die wetgewer na hul mening in ag moet neem wanneer so 'n nuwe prosedure ontwerp word.

        · text in English     · English ( pdf )