SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

VAN DER VYVER, Johan D. Nasionalisering van mineraleregte in Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp.125-142. ISSN 2225-7160.

Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Wet 28 van 2002, het grondeienaars van hulle eiendomsreg ten aansien van onontginde minerale en petroleum produkte ontneem en bepaal nou dat minerale en petroleum hulpbronne "die gemeenskaplike erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika" is met die Staat as die bewaarder daarvan. Prospekteer- en mynregte ten aansien van "ongebruikte ou orde regte" en met betrekking tot die oorskakeling van "ou orde prospekteerregte" en "ou orde mynregte" na "nuwe orde" prospekteer en/of mynregte is onderworpe gestel aan ingrypende tydsbeperkings en veeleisende substantiewe voorwaardes wat deur die Minister van Minerale en Energie Aangeleenthede goedgekeur moet word. Terwyl die Staat in die verlede prospekteer- en mynregte gereguleer het, hoofsaaklik met die doel om veiligheid en omgewingsbewaring te bevorder, het die wetgewer nou streng vereistes gestel vir die vergunning van prospekteer en/of mynregte omdat dit eienaar geword het van minerale en petroleum hulpbronne - of as personifikasie van "die bevolking van Suid-Afrika" of as 'n openbare trustee van "die erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika". Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika maak 'n onderskeid tussen ontneming van eiendom, wat nie die betaling van vergoeding deur die Staat vereis nie, en onteiening, waarvoor wel vergoeding betaal moet word. Dit word algemeen aanvaar dat onteiening bestaan uit ontneming plus 'n bykomstige element of bykomstige elemente. Daar is twee moontlike faktore wat 'n ontneming in onteiening kan omskep: of die verkryging van eiendomsreg ten aansien van dit wat ontneem is deur 'n ander entiteit, byvoorbeeld die Staat, öf soos wat in Artikel 25 aangedui word, deur die ontneming van die eienaar se regte in die openbare belang of vir 'n openbare doel. In hierdie artikel word geargumenteer dat die ontneming van minerale en petroleum hulpbronne onder enigeen van die twee persepsies op onteiening neerkom.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons