SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1Legal issues associated with the use of do not resuscitate orders in US schoolsExperiencing the South African undergraduate law curriculum índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure

versão On-line ISSN 1466-3597

Resumo

BORAINE, André; VAN HEERDEN, Corlia  e  ROESTOFF, Melanie. 'n Vergelyking tussen formele skuldadministrasie en skuldhersiening -die voor- en nadele van hierdie maatreëls en voorstelle vir regshervorming. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp. 80-103. ISSN 1466-3597.

Ongeveer 'n dekade gelede het die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, na aanleiding van klagtes deur verbruikers oor die misbruik van die administrasieprosedure, 'n projek ter hervorming van hierdie prosedure van stapel gestuur. Hierdie projek is egter opgeskort vanweë 'n onafhanklike inisiatief van die Departement Handel en Nywerheid om verbruikerswetgewing, wat in 2007 op die Nasionale Kredietwet 34 van 20051 uitgeloop het, te hervorm. Ongelukkig het die wetgewer met die invoering van die skuldhersieningsprosedure ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 'n gulde geleentheid laat verbygaan om die reg insake skuldverligtingsmaatreëls behoorlik en volledig te hersien. Daarbenewens het die wetgewer ook nie die verhouding tussen skuldhersiening en ander bestaande skuldverligtingsmaatreëls, in die besonder administrasiebevele, behoorlik oorweeg nie. Die doel van hierdie eerste gedeelte van die artikel is dus om administrasie ingevolge die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en skuldhersiening ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 te ontleed en sodoende sekere positiewe en negatiewe aspekte rakende hierdie twee prosedures te identifiseer. In die tweede gedeelte van die artikel word 'n vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening gedoen en voorstelle ter regshervorming gemaak. Die skrywers doen aan die hand dat Suid-Afrika 'n volledige hersiening van sy huidige skuldherskeduleringsmaatreëls benodig en dat die wetgewer vir een enkele maatreël wat op alle skuldherskeduleringsgevalle van toepassing is, voorsiening moet maak. Na aanleiding van die vergelyking tussen administrasie en skuldhersiening belig die skrywers die hoofpunte wat die wetgewer na hul mening in ag moet neem wanneer so 'n nuwe prosedure ontwerp word.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )