SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

MAWDSLEY, Ralph D. Regsvraagstukke verbonde aan geenbybringopdragte in VSA skole. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp.61-79. ISSN 2225-7160.

Geenbybringopdragte (GBO) in die Verenigde State is in die algemeen aanwysings wat voorberei word deur geneeshere op versoek van ouers om lewensondersteuningsdienste te beëindig of af te skaal op grond van 'n mediese diagnose dat 'n kind 'n terminale toestand bereik het waar hy of sy nie meer self besluite kan neem nie en geen mediese vooruitsig op herstel van 'n komateuse of vegetatiewe toestand het nie. Sulke GBOs bring egter belangrike vraagstukke na vore aangaande die gesag van ouers en mediese praktisyns om besluite namens kinders te neem wat dikwels nie in 'n geestes- of liggaamstoestand is om die aard van 'n GBO te verstaan nie, die reg op lewe van 'n kind ten spyte van sy of haar aftakelende of terminale toestand en die verantwoordelikhede van skoolpersoneel om 'n GBO uit te voer wat tot groter gestremdheid of die dood van 'n leerling kan lei. Regsgedinge rakende GBOs het hoofsaaklik gefokus op minderjarige kinders binne hospitaalverband, hoewel mediese en verpleegkundige publikasies heelwat advies aangaande noodhulp by skole bevat. Meeste van hierdie publikasies spreek egter lewensgevaarlike noodgevalle vir leerlinge in die algemene milieu van beperking van aanspreeklikheid aan, met beperkte klem op die voortdurende en deurlopende behoeftes van gestremde leerlinge. Regsgedinge rakende GBOs en minderjaringes het nie vraagstukke rondom leerlinge met afsonderlike onderrigplanne ingevolge die INDIVIDUALS WITH DISABILITIES EDUCATION ACT(IDEA): aangespreek nie. Die gesag van ouers om besluite aangaande GBOs in hospitale te neem word afgestomp en ontlont in die skoolomgewing waar ouers met gestremde kinders slegs een deel van die besluitnemingsproses rakende hulle kinders is. Die belangrike onderskeid is die mate waartoe 'n versoek vir nuwe verwante dienste of plasings ingevolge IDEA: om 'n kind se onderrig te verbeter, gelykstel kan word met 'n GBO wat in wese kan neerkom op 'n versoek om 'n kind te laat sterf. Kan 'n GBO vir 'n leerling wat gestrem is geregverdig word wanneer die doel van IDEA: en die afsonderlike onderrigplanne daarop gerig is om toe te sien dat gestremde leerlinge doelwitte en mikpunte ingevolge IDEA: het wat sinvolle prestasievergelyking met leerlinge sonder gestremdhede moontlik maak, maar steeds die aard van hulle gestremdhede in aanmerking neem? Die doel van hierdie artikel is om sommige beleidsoorwegings rakende die gepastheid van GBOs in skoolverband te ondersoek, veral in soverre dit gestremde kinders raak.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License