SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

SWANEPOEL, Neels  e  BEZUIDENHOUT, Inez. Die institusionalisering van gemeenskapsdiens en gemeenskapsdiensleer aan Suid-Afrikaanse tersiêre instellings: Met bepaalde verwysing na die rol van universiteitsregsklinieke. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp.46-60. ISSN 2225-7160.

Met die institusionalisering van samelewingsdiens-1 en diensleer aan Suid-Afrikaanse tersiêre instellings, is dit nodig om die rol van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke in die lig daarvan te ondersoek. Die artikel ondersoek die omskrywings van gemeenskapsdiens- en diensleer en kom tot die gevolgtrekking dat ten spyte van die feit dat gemeenskapsdiens- en diensleer, en kliniese regsonderrig baie gemeen het, elkeen 'n afsonderlike onderrigmetodologie is. Die tradisionele "werklike kliënt"-model van kliniese regsonderrig wat aan die meeste universiteitsregsklinieke gevolg word, voldoen egter nie per definisie aan óf gemeenskapsdiens- óf gemeenskapsdiensleer vereistes nie. Die artikel wys op die verskille, maar ook die ooreenkomste tussen die drie onderrigmetodologie. Dit beklemtoon die omskrewe vereistes by suiwer gemeenskapsdiens- en diensleer programme, naamlik die van gemeenskapsvennootskappe en die vereiste van wederkerige leer en -onderrig. Ten einde institusionele ondersteuning te verkry is 'n heroorweging van die tradisionele rol van universiteitsregs-klinieke nodig om vas te stel of ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules deur universiteitsregsklinieke akkommodeer kan word. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat hulle ideaal geposisioneer is vir hierdie doel, en demonstreer dit aan die hand van 'n gemeenskapsdiensleerprogram wat inkorporeer is in die module bewysreg. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die insluiting van ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules aanvullend tot kliniese regsonderrigprogramme institusionele geldelike steun kan lok tot voordeel van die operasionele kostes van universiteitsregsklinieke.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons