SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

KREUSER, Mareesa. Die toepassing van artikel 85 van die Nasionale Kredietwet in 'n aansoek om summiere vonnis. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.1, pp.1-21. ISSN 2225-7160.

Voor die inwerkingtreding van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (NKW) in 2007 was dit ietwat ongehoord om in Suid-Afrika te hoor van wetgewing gerig op verbruikersbeskerming. Een van die NKW se hoofdoelstellings is die beskerming van skuldenaars. Skuldberading ingevolge artikel 86 is een van die wyses waarop die wetgewer aan sodanige beskerming uiting gee. Artikel 85 bepaal dat 'n hof, in enige verrigtinge waarin 'n kredietooreenkoms ter sprake kom en indien die skuldenaar beweer dat hy oorverskuldig is, die kredietooreenkoms na 'n skuldberader mag verwys of self die skuldenaar oorverskuldig verklaar en sy skuld herstruktureer. In die praktyk word artikel 85 hoofsaaklik by aansoeke om summiere vonnis met betrekking tot ontroerende eiendom deur skuldenaars geopper. Artikel 85 verleen aan die hof die diskresie om die kredietooreenkoms na 'n skuldberader te verwys met die gevolg dat summiere vonnis uitgestel of gewysig kan word. Die onus rus op die skuldenaar om die hof te oortuig om sodanige verwysing te beveel. Die howe het 'n aantal aspekte geïdentifiseer wat oorweeg moet word by die toepassing van die hof se diskresie. Hierdie artikel is 'n kritiese bespreking van artikel 85 asook die uitleg daarvan deur die howe.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License