SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

BOEZAART, T  y  DE BRUIN, DW. Artikel 14 van die Kinderwet 38 van 2005 en die verskyningsbevoegdheid van 'n kind. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.416-438. ISSN 2225-7160.

Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons